Troues
Johan en Liesel by Olympus Stream

Liesel lyk pragtig met die pers blom in haar hare. Reënweer die Vrydag laat ons terugdink aan Johan en Liesel se vooraf sessie waartydens die reën ook uitgesak het. Ons is beïndruk met die veranderinge by Olympus Stream sedert ons laas daar was, wat dit moontlik maak om voort te gaan met die fotosessie ondanks [...]

Hannes en Anel by Grasslands Bethal

  Opvallend toe ons by Grasslands aankom, is die ordelike stilte oor die venue. Dit is 12 uur en alles is reeds in plek. Ons komplimente aan die eienaars van die plek. ʼn Tweede indruk is die verskeidenheid van opsies vir fotografie wat ons toe goed kon benut met hul fotosessie. Daarvoor is ons veld [...]

Adriaan en Claire soos afgeneem deur Willem de Lange

  Willem de Lange het met Adriaan en Claire se troue opgetree as die tweede fotograaf. Willem was my mentor as troufotograaf en dit was lekker om weer ʼn troue saam met hom te skiet. Daar is selfs ‘n foto van my in aksie. Sy oog vir detail is vir my altyd verstommend. Daarby is [...]

Adriaan and Claire at Leriba Lodge

We were recently blessed with a car which we have trusted the Lord for. Thank-you Abba(Daddy!)Because of admin related with vehicle, only loading Adriaan’s and Claire’s pictures now. It was a day-time wedding. Reint’s photographer friend, Willem joined us. He has got an eye for detail and a way of creating depth on a image, [...]

Theunis en Chantelle by Silver Streams Lodge

Theunis en Chantelle   het by Silver Streams Lodge hul onthaal gehou nadat hul in Warmbad getrou het. Silver Streams is tussen Warmbad en Nylstroom. Chantelle se rok het haar figuur pragtig beklemtoon. Die rooi muur skep sterk teenstelling vir  lyne. Die tyd in die lig was min na die diens verby is. Groepfoto’s  kan dan [...]

Neville en Tanya by Casa Mia

Die afgelope Saterdag was dit Neville en Tanya se troue by Casa Mia naby Cullinan. Hul het ons  laas jaar by die Pienaardam Bruidsskou raakgeloop en was dus amper langer as ʼn jaar vooruit bespreek. Die manier waarop hul troue beplan het, is ook weerspieël in baie detail wat deel van die dag was. Daar [...]

Bradford and Jodi at Dunkeld

Bradford and Jodi got married at Dunkeld Country Estate at Dullstroom .They were blessed with a beautiful open day, no rain! We enjoyed the song and dance with which the couple were welcomed at the ceremony. We love the music of Paul Wilbur(Adonai on the album The Watchman) .We heard almost something similar in that [...]

Hannes en Mathilde by Kwalata

Hannes en Mathilde by Kwalata getrou net noord van Pretoria. Dit was ‘n lekker Bosveld troue met foto’s in die bos en langs die Pienaarsrivier.

Adriaan en Annelize by Umbali

  Dit is nie elke bruidegom wat vir sy bruid ‘n trou-venue bou nie. Dit is presies wat Adriaan vir Annelize sy bruid vertel het met hul troue op Umbali net langs Nelspruit. Die pragtige venue is geopen met hulle troue. Dit het ‘n 360 grade uitsig  op die Kaapschehoop-plato asook die stad Nelspruit.  Lekker [...]

Christo en Jolandie by Ora Bella

  Christo en Jolandie het by Ora Bella in Boksburg getrou. Die onthaal en kinders se betrokkenheid spreek van vriendskap en familie. Die egpaar was baie op mekaar ingestel deur die hele dag. Ora Bella en die geboue rondom die venue het ‘n mooi buitelug straatkafee gevoel.

Cobus en Izette by by Feather Hill Spa

  Cobus en Izette het die naweek in Potchefstroom getroud by luukse Feather Hill Spa. Dit was ‘n lekker familietroue. Die lig in die kapel was ook spesiaal omdat die ruite so groot is. Toe Cobus vir Izette sien was hy ‘n baie trotste man.

Sakkie en Carina by die Voortrekkermonument

Foto’s word nie geneem nie maar gemaak. Met die troue van Sakkie en Carina by die Voortrekkermonument het ek dit reggekry. Afwagting het bietjie opgebou omdat die dag reënerig was maar toe die ernstige foto’s geneem moes   word was daar die sagste lig. Sakkie en Carina is twee mense wat baie van grappies hou en [...]

Hansie en Melissa by Thaba Nkwe

   Hansie en Melissa het by Thaba Nkwe getrou naby Groblersdal. In die kapel met sy groot vensters aan die agterkant was daar die sagste lig. Na die diens is foto’s by die dam geneem. Daar het die wolke ook gesorg vir die mooiste agtergrond.

Coenraad en Nathasia

Coenraad en Nathasia is die naweek getroud by Dunkeld naby Dullstroom. Dit was so vier seisoene in een-dag troue met so bietjie reën maar ʼn groot variasie in die lig wat die mooiste foto’s gemaak het. Wat min mense besef is dat ʼn fotograaf op sy gelukkigste is met bewolkte weer. Dit maak Dullstroom een [...]

Rudolf en Ingrid by Dunkeld in Dullstroom

  Wat doen jy as dit baie reën op jou troudag? Jy maak die beste daarvan. Dit is presies wat Rudolf en Ingrid gedoen het nadat hul trou seremonie verby is en dit het katte en honde begin reën. Die troue was by Dunkeld naby Dullstroom. Dit was ‘n groot plesier om hul af te [...]

Adriaan en Lizelle by Dunkeld

Dit was die naweek Adriaan en Lizelle se troue by Dunkeld. Dit was ʼn tipiese Dullstroom-dag met vier seisoene in een dag. Net voor die diens was daar ʼn reënbui wat die senuwees beproef het. Die lig na die reën was egter spesiaal en het gesorg vir baie mooi foto’s.

Pieter en Martie by Tukkies

Pieter en Martie het by Tukkies getroud. Dit was lekker om ou universiteit-vriende van die Puk weer te sien. Met ʼn oggend troue neem ek die vooraf foto’s van die bruid. Dan is dit die diens en familie foto’s. Dan geniet almal die onthaal. As daar klaar gekuier is dan neem ek eers die paartjie foto’s. [...]

Wikus en Lizelle by Elandskloof

 Wikus en Lizelle het by Elandskloof by Dullstroom getroud. Soos ek Dullstroom ken was dit ʼn vier seisoene in een dag met reën, wolke, sonskyn en die onbekende wat gaan die weer volgende doen. Maar dit is wat die fotografie so lekker hier maak en die foto’s so mooi. Die wolke sorg dat die foto’s [...]

Jayson en Patience by Indlela Country Lodge

Jayson en Patience het by die Indlela Country Lodge in Witbank getroud. Die twee is ʼn spontane paartjie wat baie lief is vir mekaar.  My fotojoernalistieke styl het lekker aangepas met die atmosfeer van die troue.

Nico en Lizelle by Elandskloof

  Elandskloof is die oorspronklike forelplaas naby Dullstroom. Dit is die plek wat Nico en Lizelle uitgekies het vir hul troue. Kombineer dan groot damme, mooi natuurskoon, forelvang, wolke en fynproewer kos en jy het ʼn baie lekker troue. Celeste Combrink wat in beheer is het die saal volgens ʼn Spaanse tema opgemaak.  Die gaste [...]

Jonathan en Bernie – Red Ivory Lodge

Jonathan en Bernie het by die Red Ivory Lodge teenaan die Magaliesberge getroud. Ek het baie van die oop kapel gehou wat gesorg het vir hope lig en die eenvoud van die venue. Beslis vir die fynproewer.  Musiek deur Madrigal Ensemble.

Allen en Elmarie – Sha Mani Lodge

  Allen en Elmarie het getrou by die Sha Mani Lodge by Alberton. Elmarie het die dag ook 21 geword. So dit was sommer ʼn dubbel partytjie.

CP en Karin – Anderland

CP en Karin het by Anderland naby Potchefstroom getroud. Dit is my eerste keer dat ek by die onthaalplek foto’s neem. Dit het sy eie bekoring.  Karin het vooraf by die Feather Hill Spa aangetrek.

Brad en Natalie – Dunkeld

Brad en Natalie het die naweek by Dunkeld getroud. Dit was ʼn perfekte Dullstroom dag. Hul helder kleure wat gebruik is het die dag opgevrolik. Die eenvoud en spontaniteit  van die troue was ʼn groot plesier. ʼn Fotograaf soek lig en skoon lyne vir mooi foto’s en alles het mooi saamgewerk.