Hannes en Anel by Grasslands Bethal

 

Opvallend toe ons by Grasslands aankom, is die ordelike stilte oor die venue. Dit is 12 uur en alles is reeds in plek. Ons komplimente aan die eienaars van die plek. ʼn Tweede indruk is die verskeidenheid van opsies vir fotografie wat ons toe goed kon benut met hul fotosessie. Daarvoor is ons veld toe, kon die mooi tuine benut en het ook ʼn kol lelies ontdek as voorgrond. Die bruidskamer is ruim en lekker fotogenies. Ons fotosessie met die gevolg was ook pret met die “girls”wat die manne amper oortref het met die spring foto waarop hul aangedring het. Geluk Hannes en Anel en mag  Vader jul huwelik ryklik seën!

Reply