Liesel lyk pragtig met die pers blom in haar hare. Reënweer die Vrydag laat ons terugdink aan Johan en Liesel se vooraf sessie waartydens die reën ook uitgesak het. Ons is beïndruk met die veranderinge by Olympus Stream sedert ons laas daar was, wat dit moontlik maak om voort te gaan met die fotosessie ondanks die weer. Meer detail het bygekom as agtergrond ook.
Die groen in die tuin kom ook dramaties daarna uit. Lekker om ook vir Tanya en Neville te sien, het in September hul troufoto’s geneem. Met die onthaal ontvang die gaste ʼn afskrif van ʼn koerantartikel met die bruidspaar se atletiek insetsel vanuit hul laerskool dae. Hul het saam presteer jare gelede, en trou vandag. Baie geluk julle, Mag Vader jul seën in jul huwelik!



























